Die Van Ewijck-Stigting is in Kaapstad gevestig en bevorder al sedert die vroeë 1980’s kulturele bande tussen Nederland en Suid-Afrika.

Doelstellings

Die Van Ewijck-Stigting het ten doel om finansiële steun te verleen aan persone en instansies wat hulle daarvoor beywer om kulturele betrekkinge in die ruimste sin tussen Nederland en Suid-Afrika te bevorder.